Saturday 23 June 2012

Vuurwarm Moses Metro Man!


Moses Metro Man? Wat vir n naam is dit? Klink soos iets uit buite hierdie wêreld doen dit nie? Wel dit is presies wat jy van hierdie band af kan verwag as jy eers na hul musiek begin luister. Nie net is hulle baie talentvolle musikante nie, maar het die groep ook reeds groot opslae in die Suid Afrikaanse musiek bedryf gemaak.



Vroeër van jaar was die groep vir twee MK Awards 2011 toekennings genomineer as Beste Nuweling en Beste Radio Hit en het met die toekenning as Beste Nuweling. “Dit was regtig vir ons ‘n ongelooflike gevoel. Ons het eerlik waar nie gedink ons staan ‘n kans om genomineer te word nie. Die rede hiervoor is dat die ander groepe in ons katagorie al ‘n paar jaar aan die gang was, en ons as groep tegnies slegs ses maande aktief was.” Vertel Ruan Kruger (drommer).
Moses Metro Man is ook tans vir Huisgenoot Tempo toekennings genomineer naamlik: Beste alternawie video vir 'Samoerai' en beste rock album vir 'Konstellasies'.
Hulle was ook gelukkig om een van die liedjies in Huisgenoot se liedjieskryfkompetisie te sing. “Dit is iets waaraan nie een van die lede gewoond is nie. Dit is ‘n baie groter mark vir afrikaans as waaraan ons gewoond is. Om genomineer te word is ‘n groot voorreg. Nou is dit vir die stemme!”
Die Huisgenoot liedjieskryfkompetisie is ‘n kompetisie waar Huisgenoot die publiek geleentheid gee om liedjies te skryf en dan in te stuur. ‘n Paneel by Huisgenoot kies dan die tien beste liedjies, en gee dit dan vir kunstenaars om te verwerk. “Ons was gelukkig genoeg om die lied "Is Dit Goed Genoeg?" te verwerk, wat geskryf is deur Julian Malan.”
                             
Die groep het ook vroeër van jaar geskiedenis gemaak deur die eerste band te wees wat die land se volkslied live op TV se sing toe hul by vanjaar se Varsity Cup was. Volgens die groep was dit ook n groot mylpaal vir hulle.

Moses Metro Man het onlangs hul vyfde video, ‘Die Eenvoud in’ vanaf hul eerste album, ‘Konstellasies’ vry gestel, en ook onlangs die sesde een, wat nie deel is van die album nie, maar vir die Huisgenoot se liedjieskryfkompetisie. “Binne die volgende  twee maande gaan ons nog ‘n song vrystel. Dit is ‘n colab wat ons saam met ‘n ander groep asook baie goeie vriende gedoen het. Ons hou die groep se naam nog geheim.”
Die groep beplan ook om nog drie videos die jaar uit te bring, asook nuwe singles vir die mense om solank na te luister. Hulle voel dat hulle ook soveel as moontlik op wil tree en glo dat ‘n band gekenmerk word aan hoe goed hy live kan optree. “Ons het ook planne om oorsee te gaan in 2012, nog niks is vas nie maar ons werk hard om daar uit te kom.” Vertel die groep.

Moses Metro Man is ‘n groep wat beskik tot regtig unieke en baie verskillende musiekante. “Oor ons almal uit n groot verskeidenheid groepe kom, glo ons ons werk om iets te kry wat ons nog nie gehoor of gedoen het nie. Dit is baie maklik vir ‘n groep om te se hul doen iets anders as die gewone maar op die einde van die dag is dit die publiek wat dit besluit. Die resep wat ons aangepak het werk sover goed vir ons asook ons klank wat nie dieselfde as ander deur publiek beskryf word nie.”
Dit is duidelik dat die manne van Moses Metro Man nog groot dinge vir die toekoms beplan. Volgens hulle kom sukses op respek en geleentheid neer. “Ons het n passie vir musiek wat niks op die aarde kan vervang nie en solank as wat die geleentheid by ons is, gaan ons dit doen.” Dit is hul passie vir musiek wat vir my se dat hulle nog baie in die toekoms sal bereik.


As jy wil he Moses Metro Man moet n Huisgenoot Tempo Toekenning wen kan jy per sms en op Huisgenoot se webtuiste gaan stem:



-         Liedjieskryf kompetisie:
SMS lied3, jou naam en van na 32113

-         Beste alternatiewe video:
SMS TEM1 E, jou naam en van na 32113

-         Beste rock album:
SMS TEM10 A, jou naam en van na 32113

SMS’e kos R1 en die sluitings datum is 9 Jullie

1 comment: