Sunday 17 June 2012

Foto Na Die Laaste Dans.


Ná vyf jaar, vier albums en talle toekennings het die gewilde band Foto Na Dans besluit om vir eers 'n ruskans te vat. Net nadat die groep dit bekend gestel het, het ek met die groep oor hul besluit gaan gesels.


Dis al die afgelope jaar 'n moontlikheid dat Foto Na Dans 'n blaaskans gaan vat, sê NeilBasson, die band se liriekskrywer en hoofkitaarspeler.

Volgens Neil het 'n paar goed tot dié besluit gelei."Ek dink wat hoofsaaklik bygedra het, is dat elkeen van ons die meeste van die afgelope vyfjaar voltyds studente was.
"Dit was nog altyd 'n massiewe logistieke uitdaging om tyd te kry vir band-goed tussen almalse besige akademiese en werkprogramme deur."

Al die band-lede het nou hulstudie voltooi, en Neilsê soos die musiekbedryf nou lyk, is dit vir hulle bynaonmoontlik om heeltyds op musiek te fokus.
"Eerder as om 'n lang, uitgerekte uittrede uit die bedryf te hê, het ons besluit om nou 'n skoon breuk te maak,"sê hy.

Struikelblokke en uitdagings:
Vir Neil was die hele Foto Na Dans-ervaring 'n hoogtepunt. Hy glo die band se sukses was te danke aanbaie ure se harde werk as 'n span.
"Ons het die afgelope vyfjaar saam met soveel talentvolle mense en agentskappe gewerk wat ons gehelp om die projek op te bou tot waar dit nou is. Ons is innig dankbaar vir al hul insette."

Ten spyte van baie struikelblokke en uitdagings kan die groep aan baie goeie tye terugdink."Ek dink die lekkerste deel van Foto Na Dans was die interaksie met en blootstelling aan 'n grootverskeidenheid mense."Ons kan baie van hulle nou ons goeie vriende noem."

Foto van 'n vriendskap
Hoe wil Foto Na Dans onthou word?
"As 'n band met kreatiewe integriteit, 'n band wat nooit kortpaaie gevat het met enige aspek van hul teenwoordigheid nie.
"Ons wou met elke album en vertoning die beste produk lewer wat ons op daardie stadium kon," sê Neil.

Die ouens is al jare lank vriende en voel nie Foto Na Dans se uittrede uit die musiekbedryf gaan hul verhouding met mekaar beïnvloed nie."Maar ons ís hartseer en raak nogal nostalgies oor die afgelope vyfjaar saam as Foto Na Dans.
"Daar is niks wat met 'n toer deur Suid-Afrika kan vergelyk nie. Maar waar een deur toemaak, gaan daar
definitief 'n paar ander oop," sê Neil hoopvol.

Op die oomblik kan die lede nie belowe dat die band ooit weer bymekaar sal kom nie, maar Neilsê hulle sal
graag wil glo dat hulle weer eendag saam musiek sal maak
."Op die oomblik vat ons dinge maar een dag op 'n slag en is ons net baie trots (op wat ons bereik het) en dankbaar vir almal wat dit vir ons moontlik gemaak het."

No comments:

Post a Comment