Sunday 17 June 2012

Bouwer se Brein vs. Deon s'n!

Hoe goed ken Dans Dans Lisa se Deon en Bouwer mekaar? Ek het
die ouens oor mekaar uitgevra.


Bouwer sê:

Oor Deon:

Wat is die vreemdste ding wat 'n fan nog vir Deon ná 'n optrede gesê het?
Daar was 'n tannie wat na ons toe gekom het en vir Deon gesê het sy het altwee haar dogters en haar seun na Deon genome het. Sy het drie kinders met die naam Deon.

Wie is Deon se gunsteling-band?
Deon luister nie na bands nie. Hy is wel 'n groot Spice Girls-, Sugababes- en Eden-fan. Hy was hartseer toe hy hoor hulle gaan uitmekaar.

Hoe gereeld bel Deon sy ma?
Deon raak in die aande met sy ma op speakerphone aan die slaap. Hy het oorinfeksie daarvan gekry. Hulle klets ook gereeld op MXit. Sy ma werk by Tradepost.

Wat is Deon se gunsteling-drankie?
Oros gemeng met melk waarvan die rakleeftyd twee dae gelede verval het. Hy kom van Humansdorp. Dit is blykbaar 'n tradisionele drankie daar.

Wie is Deon se grootste held?
Beslis Bouwer Bosch. Hy het foto's van hom aan sy mure en hy stuur heeltyd vreemde messages op Facebook aan hom.

Oor homself:

Wat is jou vreemdste fobies indien jy het?
Ek het 'n groot vrees ek gaan eendag wakker word en my Rice Krispies "snap crackle and pop" nie meer nie. Dit is my gunsteling-klanke in die wêreld.

Wat is jou grootste liefde?
Deon se stem. As daardie klanke eers my ore tref, voel dit asof ek die wêreld wil oorneem soos 'n held, soos Borrie van Swartkat-faam of Cobus Potgieter.

Het jy 'n gunsteling-sepie en wat is dit indien jy wel een het?
My gunsteling-sepie is beslis "Protex". Dit laat my velsag voel en dit laat my ruik soos 'n matriekafskeid geselligheid. Dit is my gunsteling-reuk.

Waarheen sou jy graag op jou droomvakansie wou gaan?
Ek wou nog altyd in Switserland gaan ski. Nou moet ek maar elke vakansie ski op die Potch-dam.

Wat verkies jy: kookkos of braaikos?
Niks sê "ek is lief vir jou" soos 'n braaisaam met vriende nie. Jy kry 'n braaier saam as jy ons album "Braai braai lisa" koop.

Deon sê:

Oor homself:

Wat is die vreemdste ding wat 'n fan nog vir jou gesê het ná 'n optrede?
"Jy moet jou hare sny."

Wie is jou gunsteling-band?
Daar is baie. Ek raak altyd oor Blink 182 opgewonde.

Hoe gereeld bel jy jou ma?
Gemiddeld so een keer 'n week.

Wat is jou gunsteling-drankie?
Melk, sjokolademelkies, melkskommels enigiets met melk.

Wie is jou grootste held?
Ek het nog nie kans gekry om hulle almal te ontmoet nie, maar ek bewonder my ouers en my vriende.

Oor Bouwer:

Wat is Bouwer se vreemde fobies indien hy enige het?
As ons in ander dorpe oorslaap, is hy baie gesteld daarop om alle voorsorgmaatreëls teen inbrekers te tref.

Wat is Bouwer se grootse liefde?
Waarskynlik sy BlackBerry.

Het Bouwer 'n gunsteling-sepie en wat is dit?
Modern Family en The Office.

Waarheen sou Bouwer graag op sy droomvakansie wou gaan?
Amerika.

Wat verkies Bouwer: kookkos of lekker braaikos?
'n Lekker braai, want dit is eenvoudig en lekker sonder om vreemde kosse aan jou voor te stel.

No comments:

Post a Comment