Wednesday 20 June 2012

VanFokKingTasties Album Groot Verrassing!




Elke keer as ek daardie pakkie in die pos van Supra Familias kry, is dit asof my hard vir n enkele oomblik gaan staan. Iets is hier, en soos wat ek nou al deur ervaring geleer het is dit selde iets wat my teleur gaan stel!

 Vir die afgelope paar jaar is daar jaarliks groot partytjie as die manne van Belville of soos wat hulle nou bekend staan, VanFokKingTasties, besluit om n show op te sit. Tot almal se verbasing het hierdie 4 bands, in samewerking met Supra Familias, besluit om n album uit te bring met akoestiese weergawes van die verskeie bands se gunsteling songs op soos Nare Kaskesnades deur Die Heuwels Fantasties, Voor Ons Stof Word deur Van Coke Kartel, nog vele meer en dan natuurlik ook met nuwe songs van elke afsonderlike groep.  Die album is werklik uniek aangesien hierdie akoestiese weergawes van die liedjies op geen ander album beskikbaar is nie. 

Die ou legendes het definitief bewys hoekom hulle twee van Suid Afrika se gunsteling groepe is. Fokofpolisiekar en Van Coke Kartel is verseker die uitblinkers op hierdie compilation. Die dag wat Francois ophou sing is die dag wat ek ophou musiek luister. Die van julle wat daarvan hou om te grens oor fokkol moet eerder nie “dagdronk” luister nie. Ek twyfel ook of die song baie radio play gaan kry, behalwe as hulle dit drasties gaan edit. Fokof se verwerking van “Klipgooi Glashuis” is een van die wenners op die CD, en ‘n song wat ek herhaaldelik sal luister.
Hier is 'n track listing van die songs op die CD:

1.      Dead End Ave (Over a Long Distance) – aKING
2.       In en Uit - Die Heuwels Fantasties
3.      Dagdronk – Fokofpolisiekar
4.      Nare Kaskenades - Die Heuwels Fantasties
5.      In the Twilight – aKING
6.      Buitenkant II - Van Coke Kartel
7.      Voor Ons Stof Word - Van Coke Kartel
8.      Facebrick Constellations – aKING
9.      Klipgooi Glashuis – Fokofpolisiekar
10.  Almal is Bang - Van Coke Kartel
11.  Vasbeslote Korporasie deel I – Fokofpolisiekar
12.  Tyd - Die Heuwels Fantasties

Die beste drie songs volgens my is:

-Dagdronk deur Fokofpolisiekar
-In The Twilight deur aKing
-Almal is Bang deur Van Coke Kartel


Dit is n baie opwindinde album aangesien mens nie regtig weet wat om te verwag totdat jy die album begin luister het nie. Die mees opwindendste bydra op die album, in my opinie, is die feit dat Hunter Kennedy die verse sing op “Tyd”. Daar is n hele paar lekker verrassings soos die nuwe songs en die hidden track. Goeie werk VanFokKingTasties en Supra Familias!

No comments:

Post a Comment