Sunday 17 June 2012

Skryf wou ek skryf!


Al vir solank as wat ek kan onthou wou ek nog altyd skryf, of dit nou is as n beroep of stokperdjie, skryf wou ek skryf, en sowat 2 jaar terug het ek die geleentheid gekry om te skryf vir n jeug publikasie, JIP. Van toe af is dit asof ek n nuwe dwelm middel gevind het. Nooit het ek geweet hoe lekker dit sou wees om as n musiek joernalis te kan werk nie, om eerlik te wees het ek nie gedink dat ek baie suksesvol sou wees nie, maar hier is ek steeds.

Na net twee jaar het ek al duisende onderhoude met suksesvolle Suid Afrikaanse bands gedoen soos Fokofpolisiekar, aKing, Van Coke Kartel en The Parlotones om net n paar te noem. Ek hoop om aan te hou skryf oor musiek in die toekoms aangesien dit my groot passie is.

Soos wat ek aan beweeg sal ek dalk van beroep of publikasie verander, maar my werk as musiek joernalis sal altyd dieselfde bly, en daarom het ek besluit om die blog te begin, waar ek julle op datum van die nuutste gebeurtenisse in die Suid Afrikaanse musiek bedryf  sal hou. Ek sien uit om die hele blog storie aan die gang te kry. Skryf wil ek skryf, en so sal dit wees!

“Hoop is as jy more se musiek reeds vandag kan hoor..” - Unknown

No comments:

Post a Comment