Monday 18 June 2012

Lady Gaga se "Born This Way Ball" toer kom SA toe!




BIG Concerts het almal wat hul op sosiale netwerke soos Twitter of Facebook volg al vir die afgelope paar dae baie nuuskierig, die dat hul al heel week skimp dat hul binnekort groot nuus het om af te kondig. Die hele land het op hul stoele gesit en in afwagting gesit en wag om die nuus te hoor.

Wel, die bom het gebars! Lady Gaga kom Suid Afrika toe as deel van haar “Born this Way Ball” toer.

Gaga sal op die 30ste November in Johannesburg by die FNB Stadium en die 3de Desember by die Kaapstad Stadium optree.

DJ, Lady Starligh en Britse rokers, The Darkness, sal saam met haar hier wees.

Kaartjies sal teen Dinsdag, 19 Junie 09:00 by Computicket beskikbaar wees en sal teen R515-615 te koop wees vir sitplekke, en R715 vir staande plekke. 

No comments:

Post a Comment