Wednesday 20 June 2012

Asleep In Transit Gaan Groot!



Asleep in Transit is definitief n nuwe band op die Suid Afrikaanse musiek toneel waarna almal moet uit kyk.  

Die jong musiek groep wat hul musiek styl as “indie-pop met n bietjie folk hier en daar” beskryf is nog net sowat n jaar saam, maar het al vir baie ander bands behoorlik ore aan gesit deur alreeds talle groot toekennings te wen soos die Knysna Rocks ‘Head2Head’ band kompetisie.
Hoe het hierdie jong band dit reg gekry om alreeds so suksesvol te wees? Wel soos verwag het die groep vertel dat al hoe hul die sukses kon behaal was deur baie hard te werk en hul ore op die grond te hou en bewus te wees van al die geleenthede wat daar beskikbaar is. “Baie van ons sukses is te danke aan die Knysna Rocks kompetisie wat ons gewen het want dit het baie blootstelling vir ons gebied” vertel Irina (sanger). Hoewel die groep baie gelukkig met die vordering tot dusver is, voel hulle dat hulle konstant meer moet probeer doen om die sukses aan te kan hou.

Asleep in Transit het in Maart hul eerste EP vrygestel en dink dat die hele proses wat dit geneem het om die EP te skryf en op te neem was baie voordelig vir die groep as n heel en voel dat dit vir hulle die geleentheid gegee het om saam aas musikante te groei. Die groep het ook reeds hul eerste musiek video vroeër die jaar vrygestel en is reeds op MK. “Die video is in n woud op die kuslyn van KwaZulu Natal geskiet. Ons het dit baie geniet en was baie gelukkig met die eind resultaat.”
Asleep in Transit is reeds besig om aan nuwe materiaal te werk en hul volgende EP sal teen Augustus/September beskikbaar wees. Irina se “Die aanhangers kan meer up-tempo songs verwag, maar ons klank as band het nie juis verander nie. Ons wil dit wat Asleep in Transit uniek maak graag behou, maar ook ter selfde tyd net verbeter as n band.”  Hoewel die groep reeds so suksesvol is, voel hulle dat die groep nog teveel groei en verander om nou al n vol lengte album uit te bring, maar vertel ook dat n vol lengte album verseker n doelwit vir die toekoms is.

Die groep voel dat alhoewel die Suid Afrikaanse musiek industrie wel plek het om te groei, hulle steeds baie positief oor al die geleenthede wat Suid Afrika vir hul bied is. “Ons is almal baie lief vir musiek maak en om ons musiek met almal te deel, en daarom gaan ons aanhou doen wat ons doen.” Die groep vertel dat dit moeilik is om n suksesvolle musikant in Suid Afrika te wees, maar dat dit wel gedoen kan word.

Dit is duidelik dat hierdie “indie-pop” groep baie hardwerkend is en nog baie suksesvol gaan wees. Aanhangers kan die groep op Facebook en hul webtuiste, www.asleepintransit.com , in die hande kry, en kan ook hul EP vir nuut op hul Soundcloud kry.


Soundcloud: http://soundcloud.com/asleep-in-transit/

Facebook: https://www.facebook.com/asleepintransit/app_2405167945

No comments:

Post a Comment