Monday 16 July 2012

Shadowclub se sukses te danke aan hul opregte klank.

Shadowclub is tans een van Suid Afrika se mees gewildste bands, en die feit dat hul iets heeltemal anders as die norm probeer het en n blues rock band begin het, het die publiek nie vir n oomblik af geskrik nie.

                                       Louis Roux, Jacques Moolman, Isaac Klawansky

Shadowclub het in die Suid Afrikaanse musiek industrie op geblaas na die vrystelling van hul eerste album, Guns and Money waarop hul grootste treffers Guns and Money en Good Morning Killer is, en Isaac Klawansky vertel dat dit alles te danke aan die feit dat hul musiek gereeld op radio gespeel word is. “Ons het aanvanklik nie gedink dat ons musiek baie populêr op radio sou wees nie, maar ons was ingenome met die reaksie wat ons uit die publiek gekry het.” Harde werk speel duidelik ook n baie groot rol in die groep se sukses. “HARDE WERK!! Ons werk vreeslik hard!” las Jacques Moolman laggend by.
Mens kan die drie manne se ongelooflike groot liefde vir musiek nie vir n oomblik mis kyk nie. “Dit is die rede waarom ons so suksesvol is. Musiek is ons grootste passie en heel eerste prioriteit.” Vertel Isaac.

Shadowclub toer baie meer gereeld as meeste ander bands en hulle glo dat dit n faktor tot hul uniekheid as band is. “Musiek is n voltydse werk vir ons en ons sit al ons energie en konsentrasie in die band in.” Isaac vertel dat hul manier van lirieke en musiek skryf hul ook net soveel meer populêr maak aangesien hul musiek maklik is om na te luister en meeste mense aanklank daarby kan vind.

Foto deur Denicke Cronje.

Volgens die groep het hulle nie probeer om n blues band te wees nie, maar het die klank vir al drie lede van die groep natuurlik gekom. “Ons klank is opreg en ons probeer nie anders wees nie.” Vertel Isaac. Die groep voel dat hoewel hulle graag eendag die blues rock genre sal wil bemeester, hul nog baie werk as musikante het om te doen. “Met elke optrede en oefening voel ek dat ons groei en verbeter as band, maar dit beteken nie dat ons moet ophou om aan ons klank te werk nie.” Vertel Louis Roux

Shadowclub is tans besig om aan hul volgende album te werk en het reeds 5 liedjies wat op die nuwe album gaan wees geskryf. Die groep is van plan om die album teen Augustus klaar geskryf te he en dit aan die einde van die jaar vry te stel. “Die nuwe album gaan steeds n Shadowclub produk wees, al verskil gaan wees dat ons lirieke en musiek gegroei en verbeter het.” Vertel Isaac. “Ons is seker die publiek sal net soveel van die nuwe album as van die eerste album hou.

Die groep gaan ook by vanjaar se Oppikoppi optree waar hul die verhoog met nie net bekende Suid Afrikaanse bands gaan deel nie, maar ook met baie bekende internasionale musikante.  


Shadowclub het ook onlangs hul nuutste musiek video vir Lucy vanaf hul eerste album, Guns and Money, vrygestel: http://www.youtube.com/watch?v=RVJTpGLf7QE





No comments:

Post a Comment