Sunday 15 July 2012

KingHero verras almal by Vryfees 2012.




As jy nie weet wie King Hero is nie, moet nie sleg voel nie. Ek het self nie geweet wie die groep is nie, en ek moet erken ek was self maar skepties toe die drie manne op die Blerkas Stage by vanjaar se MK Sessies in Bloemfontein gesien het. Ek kon nie meer ingenome wees met die groep wat Oros in n Lang Glas se plek op die aand oor geneem het nie.

King Hero is n opkomende band wat in Bloemfontein baseer is en vir die drie ouens gaan dit oor hul liefde vir musiek en vertel dat hul nie hul lewens daar sonder kan indink nie. “Ons het elkeen n lewe van ons eie, ek swot regte, Ryno is nog op skool en Carel is n gekwalifiseerde fisioterapeut, maar sodra ons die stage betree is dit asof n hele ander lewe vir ons geskep word.” Vertel sanger en kitaar speler, Janco Holtzhausen.

Volgens die groep is daar nog nie n terme wat hul musiek styl kan klassifiseer nie, maar wil graag glo dat hul n baie diversiele groep is aangesien elke lid van die groep van n ander agtergrond af kom. “Ons dink ook ons diversiteit as band is deel van wat ons so uniek maak.”  Vertel Carel van Aswegen, kitaar speler. Die groep voel wel dat hul musiek styl baie beïnvloed word deur bekende bands soos Kings Of Leon en Cold Play.

Hoewel die drie manne bewus is van hoe moeilik dit is om suksesvol as musikant in Suid Afrika te wees is hulle nie van plan om toe te laat dat dit hul af skrik nie. Ryno Steyn, trom speler vir King Hero vertel, “Ons hoof doelwit met die groep is om ons self te geniet en nooit op te hou droom nie. Musiek is ons nommer een liefde en daarom sal ons nie sommer op ons droom om suksesvol in die  musiek industrie te wees op gee nie.” Volgens die groep wil hul ook die boodskap, dat mens nooit jou drome moet op gee nie, deur hul musiek tevore bring.

King Hero het reeds die verhoog saam van Suid Afrika se top musikante gedeel soos Die Heuwels Fantasties, Bittereinder, Winterstasie, Van Coke Kartel en Shadow Club. “Ons glo ook dat dit belangrik is om konstant deur goeie muso’s omring te wees, want dit gee vir ons n doelwit om na te werk, om eendag net so suksesvol soos hulle te wees.” Vertel Carel.



Die groep het reeds hul EP, getitel Tunes into Light’s Pitch,  op geneem en gaan dit die 10de Augustus by die Aasvoëklub vrystel en het n hele paar verrassings wat vir die res van die jaar voor le.

Besoek gerus die band se sosiale webblaaie:

Facebook: KingHero

Twitter: @KingHeroBand 

No comments:

Post a Comment