Thursday 12 July 2012

Jack Parow vat sy kiefness Moskou toe!


Foto: Manfred Werner - ManniPhotography

Suid-Africa se eie Gevaarlike Romantiese Afrikaanse Rapper, Jack Parow, neem volgende week sy kiefness na Moskou toe in Rusland.  Parow is die hoofkunstenaar by die offisiële openingspartytjie van die PUMA Social Club in Gorky Park op 19 Julie.



Parow kan nie wag om op die vliegtuig te klim nie:  “Ja, ek is blêrrie opgewonde om Rusland toe te gaan!  Ek was nog nooit daar nie en is gereed vir extreme vodka drinking! Nostrovia!!”


Eugenia Guslyarova, die bemarkingsbestuurder van PUMA in Rusland sê “die Social Club in Gorky Park is ‘n unieke ruimte waar sport, kuns, styl, argitektuur en ontwerp gekombineer word.  Ons is baie opgewonde om Parow se zef-kultuur hierheen te bring.”




Jack Parow se bekroonde tweede album, Eksie Ou, het die treffers Hosh Tokolosh en Hard Partytjie Hou met Francois van Coke gelewer.  Hosh Tokolosh was die eerste Afrikaanse liedjie om nommer 1 op 5FM se Top 40 te behaal.  Hard Partytjie Hou is die huidige enkelsnit van die album wat die treffersparade klim.

Die eerste self-getitelde album het Platinum status in album verkope gehaal en die tweede album het sover Goud-status in verkope behaal.

Kyk Hard Partytjie Hou hier: http://www.youtube.com/watch?v=ZEwRxInP0Is

No comments:

Post a Comment