Sunday 15 July 2012

Die Heuwels Fantasties maak aanhangers lus vir meer.

Amper n hele jaar is al verby vandat Die Heuwels Fantasties hul nuutste album, Wilder As Die Wildtuin, vrygestel het. Daar was baie gespekuleer oor of die album so suksesvol soos hul eerste self getitelde album sou wees. Of jy nou van die groep se nuwe klank gehou het of nie, Die Heuwels Fantasties stel hul aanhangers byna nooit teleur as dit by hul musiek kom nie.



Hunter Kennedy vertel, “Baie het vir ons as band verander in die tydperk tussen die eerste en tweede album, en ek voel dat ons nou vir die eerste keer n regte verhouding en hegte band as musiek groep gevorm het.” Volgens Hunter het hul in die jaar wat verloop het nie net as musikante gegroei nie, maar het die vier manne ook n broederskap gevorm.

Nie net het die groep gegroei nie, maar het hul ook n hele paar nuwe projekte aangevat soos om hul kort film, Verraadplaas, op te neem.  Regiseur, Thomas Ferreira, en vervaardiger, Mickie Birkett, het hierdie epiese drie-deel kort film gelewer, met drie liedjies vanaf die groep se tweede album.
“Dit was baie lekker om aan die kort film te werk want iets wat ons nog altyd met ons musiek probeer doen het is om n storie te vertel, en ons voel dat ons daardie doelwit met Verraadplaas bereik het.” Vertel Hunter.


Die band het ook onlangs saam met die res van die VanFokKingTasties manne hul eerste gesamentlike akoestiese album uit gebring, waarop hul splinternuwe liedjie, Tyd,  is. Die vers van Tyd word deur Hunter gesing en was n aangename verassing. “Ek was self eers skepties oor hoe dit gaan uit draai, maar op die ou einde het dit baie goed gewerk.” Vertel Hunter met n borskas vol trots. “Die idee om n album as VanFokKingTasties uit te bring was altyd in die lug, en dit was great toe ons almal besluit het om die geleentheid wel aan te vat. Dit was amazing om saam as vriende te kon toer en musiek te maak.” Die groep voel dat die akoestiese album baie spesiaal is aangesien hul gereeld akoestiese vertonings doen maar daar tot nou toe geen ander album wat die liedjies bevat het was nie.

Die Heuwels Fantasties is ook tans besig om aan nuwe materiaal vir hul volgende album te werk. Hunter vertel dat aanhangers n mengsel van die eerste en tweede album kan verwag. “Die nuwe album sal n baie positiewe energie af gee en daar sal baie meer woorde in die sin van betekenis tot die lirieke wees.” Die groep wil nie teveel weg gee oor wat van die nuwe album af verwag kan word nie, maar vertel dat aanhangers definitief baie opgewonde oor die eind produk kan wees.

Gaan kyk hul epiese drie-deel kort film vanaf hul tweede album, Wilder As Die Wildtuin : http://www.youtube.com/watch?v=sEIsgejJ-oA

No comments:

Post a Comment