Sunday 15 July 2012

All Will Fall nou beter as ooit van tevore.




Rico Ross (guitar), Charl Fontini ( bass), Craig Gloak (vocals), Dewald Bux (guitar), Pedro Jardim (drums).

All Will Fall, een van Bloemfontein se mees bekendste bands, stel selde teleur en het dit net weereens bewys toe hul by vanjaar se Vryfees in Bloemfontein die verhoog met Die Heuwels Fantasties gedeel het.

Die optrede was asemrowend en mens kon die energie van die lede onmiddelik aanvoel toe hul die verhoog intree. Dit is iets wat mens by elke show van die suksesvolle Bloemfonteinse band kan verwag. Hoe kry hierdie band dit reg om so suksesvol te wees? “Wel die rede is eenvoudig.” Vertel Craig Gloak (sanger). “Musiek is ons passie, en ons wil die geluk wat ons uit ons musiek uit kry met die publiek deel.”
Die groep voel dat All Will Fall wel baie gegroei het as n band oor die afgelope paar jaar, en dat dit te danke is aan al die veranderinge aan die groep wat hul moes deur werk.“Drie nuwe lede het by die groep aangesluit en vanselfsprekend het ons klank ietwat verander, maar ek glo dit was vir die beste.” Charl Fontini (bas kitaar) vertel dat All Will Fall se lirieke baie meer volwasse is en dat dit een van die redes is hoekom die groep soveel meer suksesvol is. “Ek dink ook dat ons almal wat nou in die band is baie meer toegewyd is en dat die band ons almal se hoof prioriteit is.”



Vir die groep wat hul klank as “post hardcore metal”  beskryf het die afgelope 2 jaar baie beteken. All Will Fall het in 2011 hul tweede EP, Can't Stop, Won't Stop, vrygestel en het vanjaar die verhoog saam met van Suid Afrika se mees bekendste musikante gedeel soos Die Heuwels Fantasties, Fokofpolisiekar, Shadowclub en nog vele meer. Hulle het ook onlangs die musiek video vir Coconut Surpirse, wat van die nuwe EP af kom, vrygestel en is reeds op MK te sien.
“Die hele experience om aan die musiek video te kon werk was ongelooflik en baie lekker. Die song vir die musiek video, Coconut Surprise, stel alles waarvoor ons as n band staan ten toon en ek dink dit behoort die publiek n algemene idee te gee van watse tipe band ons is.” Vertel Craig Gloak.

Die groep is tans besig om aan nuwe materiaal te werk en wil graag hul tweede vol lengte album teen volgende jaar vrystel. Craig vertel “Ons is steeds besig om te groei want dit is die eerste keer wat ons almal werklik saam as band aan die musiek werk, daarom gaan die klank van die album tog n bietjie verander, maar niks drasties nie.” Volgens hulle kan aanhangers steeds iets soortgelyk as wat op hul EP is verwag as dit by die klank van die nuwe album kom.




Die groep konsentreer vir eers ten volle op die nuwe album en wil al hul energie en passie daarin sit voordat hul weer begin toer. 

Gaan kyk na hul musiek video vir Coconut Surprise, http://www.youtube.com/watch?v=HM9joApdylA

Websitehttp://www.myspace.com/allwillfallbandHt...

Press Contactallwillfallband@yahoo.com

No comments:

Post a Comment