Saturday 14 July 2012

Oog op Winterstasie!

Vir die manne van Winterstasie het die afgelope paar jaar baie beteken, van n MVP tot  n nuwe lid wat by die groep aan gesluit het. Tenspyte van die feit dat hul nog net n paar jaar aktief op die Suid Afrikaanse musiek toneel is, het die groep reeds groot sukses behaal. Ek het bietjie met hul gaan gesels oor hoe dinge tans vir die groep lyk en wat die toekoms vir hulle behou.



JB: Hoe het die verandering van band lede die groep geaffekteer? Voel julle dat Hein se aansluiting by die band dalk die klank van die groep verander het?
 WS: Die verandering het ons goed gedoen.  Hein ken sy instrument en ons optredes het meer energie.  Ons klink ook meer “tight” as ‘n groep en die feit dat Hein nog altyd ‘n goeie vriend was maak dinge maklik


JB: @Hein: Hoe het jou aansluiting by Winterstasie dinge vir jou beïnvloed? Hoe voel dit vir jou om nou by nog so n groot en suksesvolle groep betrokke te wees?
Hein: Die Winterstasie manne bly ook in potch,van straatligkinders se dae was ek bevriend met hulle...dewald het altyd by my kom kuier as hy nie n xbox partner gehad het nie haha. Dis n vooreg om saam nog n band te kan speel...nuwe areas van musiek is altyd lekker. Omdat ons almal klaar mekaar geken het was dit net full steam ahead en niks was vreemd of akward nie.


JB: Hoe het dinge vir die groep verander nadat julle in 2010 n kontrak saam met EMI gesluit het?
WS: Ons kontrak met EMI het ‘n paar deure laat oopgaan en mense kry meer respek vir ‘n groep as hulle ‘n sterk handelsmerk soos EMI agter hulle het.  Die harde werk bly inteendeel nogsteeds ons verantwoordelikheid en dinge val nie net mooi in plek soos met groot kommersiële kunstenaars nie...


JB: Jul video vir Die Balk In Jou Oog is genomineer vir n HG Tempo Toekenning as Alternatiewe Musiekvideo Van Die Jaar. Hoe voel julle daaroor? Julle gaan op teen ander baie groot name in die SA musiek toneel soos Die Heuwels Fantasties en Van Coke Kartel. Teen wie sal jul nie omgee om te verloor nie?
WS: Om vir die Tempo toekennings genomineer te word is ‘n groot eer vir ons.  Die kompetisie is straf, en in die spesifieke kategorie het al die genomineerdes al groot naam gemaak. Net die nominasie beteken vir ons baie, om die toekenning te wen sal ‘n bonus wees...


JB: Hoe voel julle oor die feit dat jul elke jaar vir n MK Toekenning genomineer word maar steeds net een gewen het? Wat dink jul is die rede hiervoor?
WS: Ons het in 2009 met ons 2de nominasie die beste colab toekenning gewen vir Outokrasie van die hart.  Ons het baie gegroei veral in die laaste jaar en meer bekend geword.  In die verlede was ons baie onder die radar en mense het nie altyd van ons geweet nie.  Dit is vinnig besig om te verander en ons glo die toekoms hou baie MK awards in!!!!


JB: Wat dink jul is rede vir al jul sukses as groep tot dusver?
WS: Harde werk, vriendskap, harde werk, uithou, aanhou, baie harde werk, goeie musiek, het ek al gesê harde werk?


JB: Hoe voel julle oor die huidige Suid Afrikaanse musiek bedryf?
WS: Die musiekbedryf in SA groei steeds, alhoewel meeste Suid-Afrikaners nogsteeds kommersiële musiek verkies.  Ons maak musiek waaroor ons passievol is, waarin ons glo, nie om geld daaruit te maak nie...


JB: Wat hou julle gemotiveerd om die band aan die lewe te hou ten spyte van die feit dat dit so moeilik is om suksesvol as musikant is SA te wees?
WS: Ons geniet die lewensreis waarop hierdie loopbaan ons neem, sien baie plekke, ontmoet baie mense, en maak ‘n positiewe verskil waar ons gaan.  Al kan ons net 1 lewe verander, sal dit die moeite werd wees...


JB: Hoe balanseer jul die besige lewe van n musikant met jul persoonlike lewens?
WS: Prioritiseer...  Omdat Winterstasie vir ons belangrik is, maak ons soms die nodige opofferings en ons geniet wat ons doen, so ons persoonlike lewens oorvleuel met musikant wees!


JB: Wanneer is jul van plan om aan nuwe musiek te begin werk en n nuwe album op te neem?
WS: Ons werk deur die jaar aan nuwe musiek en beplan hoe ons dit wil bemark en opneem... Daar is heelwat verassings en nuwe materiaal op die horison, maar wil nie nou teveel weggee nie...


JB: Wanneer kan aanhanger verwag om n nuwe musiek video op televisie te sien?
WS: Ons skiet ‘n nuwe musiekvideo in Augustus, wat in September op MK te sien sal wees...


JB: Wat het die groep beplan vir die res van die jaar? Dalk n oorsese toer?
WS: Ons doen soveel as moontlik shows die res van die jaar met ‘n kus toer in Desember wat ons tans beplan... Ons wil ook soveel as moontlik skole besoek.


JB: Waar gaan jul binne die volgende paar maande optree?
WS: Alle shows is op ons website beskikbaar asook kontak besonderhede vir bookings... www.winterstasie.com

Duidelik is daar nog baie dinge wat op die horison vir die manne van Winterstasie le en kan aanhangers baie opgewonde wees oor wat die toekoms vir die groep behou.



No comments:

Post a Comment