Thursday, 16 August 2012

3RD WORLD SPECTATOR RELEASES NEW MUSIC VIDEO.




3RD WORLD SPECTATOR
Releases Their Music Video For SPARKS!



The 13th of August sees the release of 3RD WORLD SPECTATOR’s second music video from their debut album for their single, SPARKS. The video was shot in one evening during July 2012 in Gordon’s Bay in the Western Cape and filmed by The Schnider Bros.

The band has always seen SPARKS as the perfect example of the quintessential 3rd World Spectator song: It contains all the elements they love - the soft/loud dynamic, big chorus and a guitar solo. Directed by Peter Crafford and Kevin Schnider, the video was shot on an old boat littered with random objects. Shot at night to create a stark contrast between the boat setting and the dark, the boat resembles the remains of a space shuttle launch station to tie in with the stock footage of the Apollo 11 shuttle launch featured in the video.




3rd World Spectator opted for a pure performance video to capture the live energy the band are known to exude on stage. SPARKS, like their previous offering Ambulance, manifests a cinematic feel with a refined edge in the video. The most significant difference between the two videos is that the band was involved throughout the shoot and post-production of SPARKS, which unmistakably reflects their fingerprint.
“The SPARKS video is a pure labour of love. We love the song, as do a lot of our fans - a fact that has indulged both parties' need for this video.”

Watch the video for SPARKS here!

Since the release of their debut album, The Theory of Everything in late 2011 to critical acclaim, 3rd World Spectator has elicited extensive coverage in the press and media, has done countless radio interviews, appeared with live performances on national TV shows such as SABC 2’s Hectic Nine 9, MK’s Studio 1, ETV’s Frenzy and has toured South Africa extensively.

The first single from the album, ‘Ambulance’ exploded onto radio and digital charts around the country whilst cracking the National Top 40. The video for ‘Ambulance’ also reached number 2 on the MK Top 10 Music Video Chart. The second single for SPARKS followed and ignited radio play lists. Their third single, The Hiroshima Lovers, was recently released and is currently being play listed on radio stations across South Africa.

The band is currently working on a Deluxe Edition of their album, to be released through Universal Music Group later this year.




The Theory Of Everything is available at all major music outlets in South Africa.

Straatligkinders Back For More!


STRAATLIGKINDERS is BACK!


Two years since the release of their last album, Afrikaans rockers STRAATLIGKINDERS is officially back with a new single, entitled DUIWEL DANS. After four years of non-stop touring all over South Africa, the band decided to take an extensive break in 2010 to allow the members to venture off into other music avenues. Now in 2012, they are back and reinvented themselves with a new fresh sound and an objective approach in songwriting.
“We love what we do as Straatligkinders and we still have a lot in us and we still have a lot to say to our supporters.”

DUIWEL DANS was the first song written since the release of SLK’s previous album and also gives the listener a sneak peak at the mature, yet honest and fun, sound the band is pioneering towards. The band is putting more effort into the composition of their music, as opposed to just throwing verses and choruses together. They have all grown into their own different writing styles and are more focused on perfecting their songs rather than just writing and recording it.
“We sound more like a unit now. We found a sound that we are all happy and excited about. The direction we are going feels natural and we are not compromising or trying to write songs to keep people happy. We are now making the kind of music we want to make.”

STRAATLIGKINDERS signs with EMI

STRAATLIGKINDERS has recently signed with EMI. They like EMI’s approach to Afrikaans music and together with their guidance and experience, SLK’s sees their decision to sign with EMI as the best for them and their target market.
“We are an Afrikaans band, and you have to pick the best players for your team to help get your music out there.  EMI has a great footprint in the SA rock scene and it is great to have people on board who are willing to help us make the best of Straatligkinders’ career this time round. We are older now and we are aiming to make better decisions to assist in the longevity of the band.” - SLK.

“SLK moves with the times, they think with the future in mind, and give their fans what they want today… not what was working yesterday. In that sense, SLK is the perfect fit for EMI, as we strive to innovate and create to the music lovers’ needs, and ensure we keep people experiencing life with music...” - EMI.



Coming This FRIDAY: 
Duiwel Dans Music Video and FREE DOWNLOAD!

STRAATLIGKINDERS will be launching the music video for Duiwel Dans on Friday via their social media pages. The video was filmed and directed by Johan Cronje of Nouvanaand Films - the same company who have recently done their ‘Nuwe Tye’ viral videos campaign. Shot in July in a parking lot in Pretoria throughout the course of one night, the video features an energetic performance element combined with a story line.

DUIWEL DANS will also be available for FREE DOWNLOAD this Friday via STRAATLIGKINDERS'social media pages!


Catch DUIWEL DANS premiere on the following stations this week and listen to Bouwer Bosch chat about the SLK come-back:

TuksFM - Tuesday, 14 August - 20h30

UCT Radio - Wednesday, 15 August - 15h30

Bok Radio - Wednesday, 15 August - 19h15

Afrikaans Alternatief FM - Wednesday, 15 August - 19h30

MFM - Wednesday, 15 August - 21h30

KovsieFM - Thursday, 16 August - 07h15

PukFM - Thursday, 16 August - 15h30

2OVR - Thursday, 16 August - 20h30 / Gary Cool’s Rock Dimension

5FM - Monday, 20 August - 16h00 / The Fresh Drive


STRAATLIGKINDERS Contact:

Monday, 16 July 2012

Shadowclub se sukses te danke aan hul opregte klank.

Shadowclub is tans een van Suid Afrika se mees gewildste bands, en die feit dat hul iets heeltemal anders as die norm probeer het en n blues rock band begin het, het die publiek nie vir n oomblik af geskrik nie.

                                       Louis Roux, Jacques Moolman, Isaac Klawansky

Shadowclub het in die Suid Afrikaanse musiek industrie op geblaas na die vrystelling van hul eerste album, Guns and Money waarop hul grootste treffers Guns and Money en Good Morning Killer is, en Isaac Klawansky vertel dat dit alles te danke aan die feit dat hul musiek gereeld op radio gespeel word is. “Ons het aanvanklik nie gedink dat ons musiek baie populêr op radio sou wees nie, maar ons was ingenome met die reaksie wat ons uit die publiek gekry het.” Harde werk speel duidelik ook n baie groot rol in die groep se sukses. “HARDE WERK!! Ons werk vreeslik hard!” las Jacques Moolman laggend by.
Mens kan die drie manne se ongelooflike groot liefde vir musiek nie vir n oomblik mis kyk nie. “Dit is die rede waarom ons so suksesvol is. Musiek is ons grootste passie en heel eerste prioriteit.” Vertel Isaac.

Shadowclub toer baie meer gereeld as meeste ander bands en hulle glo dat dit n faktor tot hul uniekheid as band is. “Musiek is n voltydse werk vir ons en ons sit al ons energie en konsentrasie in die band in.” Isaac vertel dat hul manier van lirieke en musiek skryf hul ook net soveel meer populêr maak aangesien hul musiek maklik is om na te luister en meeste mense aanklank daarby kan vind.

Foto deur Denicke Cronje.

Volgens die groep het hulle nie probeer om n blues band te wees nie, maar het die klank vir al drie lede van die groep natuurlik gekom. “Ons klank is opreg en ons probeer nie anders wees nie.” Vertel Isaac. Die groep voel dat hoewel hulle graag eendag die blues rock genre sal wil bemeester, hul nog baie werk as musikante het om te doen. “Met elke optrede en oefening voel ek dat ons groei en verbeter as band, maar dit beteken nie dat ons moet ophou om aan ons klank te werk nie.” Vertel Louis Roux

Shadowclub is tans besig om aan hul volgende album te werk en het reeds 5 liedjies wat op die nuwe album gaan wees geskryf. Die groep is van plan om die album teen Augustus klaar geskryf te he en dit aan die einde van die jaar vry te stel. “Die nuwe album gaan steeds n Shadowclub produk wees, al verskil gaan wees dat ons lirieke en musiek gegroei en verbeter het.” Vertel Isaac. “Ons is seker die publiek sal net soveel van die nuwe album as van die eerste album hou.

Die groep gaan ook by vanjaar se Oppikoppi optree waar hul die verhoog met nie net bekende Suid Afrikaanse bands gaan deel nie, maar ook met baie bekende internasionale musikante.  


Shadowclub het ook onlangs hul nuutste musiek video vir Lucy vanaf hul eerste album, Guns and Money, vrygestel: http://www.youtube.com/watch?v=RVJTpGLf7QE





Sunday, 15 July 2012

Die Heuwels Fantasties maak aanhangers lus vir meer.

Amper n hele jaar is al verby vandat Die Heuwels Fantasties hul nuutste album, Wilder As Die Wildtuin, vrygestel het. Daar was baie gespekuleer oor of die album so suksesvol soos hul eerste self getitelde album sou wees. Of jy nou van die groep se nuwe klank gehou het of nie, Die Heuwels Fantasties stel hul aanhangers byna nooit teleur as dit by hul musiek kom nie.



Hunter Kennedy vertel, “Baie het vir ons as band verander in die tydperk tussen die eerste en tweede album, en ek voel dat ons nou vir die eerste keer n regte verhouding en hegte band as musiek groep gevorm het.” Volgens Hunter het hul in die jaar wat verloop het nie net as musikante gegroei nie, maar het die vier manne ook n broederskap gevorm.

Nie net het die groep gegroei nie, maar het hul ook n hele paar nuwe projekte aangevat soos om hul kort film, Verraadplaas, op te neem.  Regiseur, Thomas Ferreira, en vervaardiger, Mickie Birkett, het hierdie epiese drie-deel kort film gelewer, met drie liedjies vanaf die groep se tweede album.
“Dit was baie lekker om aan die kort film te werk want iets wat ons nog altyd met ons musiek probeer doen het is om n storie te vertel, en ons voel dat ons daardie doelwit met Verraadplaas bereik het.” Vertel Hunter.


Die band het ook onlangs saam met die res van die VanFokKingTasties manne hul eerste gesamentlike akoestiese album uit gebring, waarop hul splinternuwe liedjie, Tyd,  is. Die vers van Tyd word deur Hunter gesing en was n aangename verassing. “Ek was self eers skepties oor hoe dit gaan uit draai, maar op die ou einde het dit baie goed gewerk.” Vertel Hunter met n borskas vol trots. “Die idee om n album as VanFokKingTasties uit te bring was altyd in die lug, en dit was great toe ons almal besluit het om die geleentheid wel aan te vat. Dit was amazing om saam as vriende te kon toer en musiek te maak.” Die groep voel dat die akoestiese album baie spesiaal is aangesien hul gereeld akoestiese vertonings doen maar daar tot nou toe geen ander album wat die liedjies bevat het was nie.

Die Heuwels Fantasties is ook tans besig om aan nuwe materiaal vir hul volgende album te werk. Hunter vertel dat aanhangers n mengsel van die eerste en tweede album kan verwag. “Die nuwe album sal n baie positiewe energie af gee en daar sal baie meer woorde in die sin van betekenis tot die lirieke wees.” Die groep wil nie teveel weg gee oor wat van die nuwe album af verwag kan word nie, maar vertel dat aanhangers definitief baie opgewonde oor die eind produk kan wees.

Gaan kyk hul epiese drie-deel kort film vanaf hul tweede album, Wilder As Die Wildtuin : http://www.youtube.com/watch?v=sEIsgejJ-oA

All Will Fall nou beter as ooit van tevore.




Rico Ross (guitar), Charl Fontini ( bass), Craig Gloak (vocals), Dewald Bux (guitar), Pedro Jardim (drums).

All Will Fall, een van Bloemfontein se mees bekendste bands, stel selde teleur en het dit net weereens bewys toe hul by vanjaar se Vryfees in Bloemfontein die verhoog met Die Heuwels Fantasties gedeel het.

Die optrede was asemrowend en mens kon die energie van die lede onmiddelik aanvoel toe hul die verhoog intree. Dit is iets wat mens by elke show van die suksesvolle Bloemfonteinse band kan verwag. Hoe kry hierdie band dit reg om so suksesvol te wees? “Wel die rede is eenvoudig.” Vertel Craig Gloak (sanger). “Musiek is ons passie, en ons wil die geluk wat ons uit ons musiek uit kry met die publiek deel.”
Die groep voel dat All Will Fall wel baie gegroei het as n band oor die afgelope paar jaar, en dat dit te danke is aan al die veranderinge aan die groep wat hul moes deur werk.“Drie nuwe lede het by die groep aangesluit en vanselfsprekend het ons klank ietwat verander, maar ek glo dit was vir die beste.” Charl Fontini (bas kitaar) vertel dat All Will Fall se lirieke baie meer volwasse is en dat dit een van die redes is hoekom die groep soveel meer suksesvol is. “Ek dink ook dat ons almal wat nou in die band is baie meer toegewyd is en dat die band ons almal se hoof prioriteit is.”



Vir die groep wat hul klank as “post hardcore metal”  beskryf het die afgelope 2 jaar baie beteken. All Will Fall het in 2011 hul tweede EP, Can't Stop, Won't Stop, vrygestel en het vanjaar die verhoog saam met van Suid Afrika se mees bekendste musikante gedeel soos Die Heuwels Fantasties, Fokofpolisiekar, Shadowclub en nog vele meer. Hulle het ook onlangs die musiek video vir Coconut Surpirse, wat van die nuwe EP af kom, vrygestel en is reeds op MK te sien.
“Die hele experience om aan die musiek video te kon werk was ongelooflik en baie lekker. Die song vir die musiek video, Coconut Surprise, stel alles waarvoor ons as n band staan ten toon en ek dink dit behoort die publiek n algemene idee te gee van watse tipe band ons is.” Vertel Craig Gloak.

Die groep is tans besig om aan nuwe materiaal te werk en wil graag hul tweede vol lengte album teen volgende jaar vrystel. Craig vertel “Ons is steeds besig om te groei want dit is die eerste keer wat ons almal werklik saam as band aan die musiek werk, daarom gaan die klank van die album tog n bietjie verander, maar niks drasties nie.” Volgens hulle kan aanhangers steeds iets soortgelyk as wat op hul EP is verwag as dit by die klank van die nuwe album kom.




Die groep konsentreer vir eers ten volle op die nuwe album en wil al hul energie en passie daarin sit voordat hul weer begin toer. 

Gaan kyk na hul musiek video vir Coconut Surprise, http://www.youtube.com/watch?v=HM9joApdylA

Websitehttp://www.myspace.com/allwillfallbandHt...

Press Contactallwillfallband@yahoo.com

KingHero verras almal by Vryfees 2012.




As jy nie weet wie King Hero is nie, moet nie sleg voel nie. Ek het self nie geweet wie die groep is nie, en ek moet erken ek was self maar skepties toe die drie manne op die Blerkas Stage by vanjaar se MK Sessies in Bloemfontein gesien het. Ek kon nie meer ingenome wees met die groep wat Oros in n Lang Glas se plek op die aand oor geneem het nie.

King Hero is n opkomende band wat in Bloemfontein baseer is en vir die drie ouens gaan dit oor hul liefde vir musiek en vertel dat hul nie hul lewens daar sonder kan indink nie. “Ons het elkeen n lewe van ons eie, ek swot regte, Ryno is nog op skool en Carel is n gekwalifiseerde fisioterapeut, maar sodra ons die stage betree is dit asof n hele ander lewe vir ons geskep word.” Vertel sanger en kitaar speler, Janco Holtzhausen.

Volgens die groep is daar nog nie n terme wat hul musiek styl kan klassifiseer nie, maar wil graag glo dat hul n baie diversiele groep is aangesien elke lid van die groep van n ander agtergrond af kom. “Ons dink ook ons diversiteit as band is deel van wat ons so uniek maak.”  Vertel Carel van Aswegen, kitaar speler. Die groep voel wel dat hul musiek styl baie beïnvloed word deur bekende bands soos Kings Of Leon en Cold Play.

Hoewel die drie manne bewus is van hoe moeilik dit is om suksesvol as musikant in Suid Afrika te wees is hulle nie van plan om toe te laat dat dit hul af skrik nie. Ryno Steyn, trom speler vir King Hero vertel, “Ons hoof doelwit met die groep is om ons self te geniet en nooit op te hou droom nie. Musiek is ons nommer een liefde en daarom sal ons nie sommer op ons droom om suksesvol in die  musiek industrie te wees op gee nie.” Volgens die groep wil hul ook die boodskap, dat mens nooit jou drome moet op gee nie, deur hul musiek tevore bring.

King Hero het reeds die verhoog saam van Suid Afrika se top musikante gedeel soos Die Heuwels Fantasties, Bittereinder, Winterstasie, Van Coke Kartel en Shadow Club. “Ons glo ook dat dit belangrik is om konstant deur goeie muso’s omring te wees, want dit gee vir ons n doelwit om na te werk, om eendag net so suksesvol soos hulle te wees.” Vertel Carel.



Die groep het reeds hul EP, getitel Tunes into Light’s Pitch,  op geneem en gaan dit die 10de Augustus by die Aasvoëklub vrystel en het n hele paar verrassings wat vir die res van die jaar voor le.

Besoek gerus die band se sosiale webblaaie:

Facebook: KingHero

Twitter: @KingHeroBand 

Saturday, 14 July 2012

Oog op Winterstasie!

Vir die manne van Winterstasie het die afgelope paar jaar baie beteken, van n MVP tot  n nuwe lid wat by die groep aan gesluit het. Tenspyte van die feit dat hul nog net n paar jaar aktief op die Suid Afrikaanse musiek toneel is, het die groep reeds groot sukses behaal. Ek het bietjie met hul gaan gesels oor hoe dinge tans vir die groep lyk en wat die toekoms vir hulle behou.



JB: Hoe het die verandering van band lede die groep geaffekteer? Voel julle dat Hein se aansluiting by die band dalk die klank van die groep verander het?
 WS: Die verandering het ons goed gedoen.  Hein ken sy instrument en ons optredes het meer energie.  Ons klink ook meer “tight” as ‘n groep en die feit dat Hein nog altyd ‘n goeie vriend was maak dinge maklik


JB: @Hein: Hoe het jou aansluiting by Winterstasie dinge vir jou beïnvloed? Hoe voel dit vir jou om nou by nog so n groot en suksesvolle groep betrokke te wees?
Hein: Die Winterstasie manne bly ook in potch,van straatligkinders se dae was ek bevriend met hulle...dewald het altyd by my kom kuier as hy nie n xbox partner gehad het nie haha. Dis n vooreg om saam nog n band te kan speel...nuwe areas van musiek is altyd lekker. Omdat ons almal klaar mekaar geken het was dit net full steam ahead en niks was vreemd of akward nie.


JB: Hoe het dinge vir die groep verander nadat julle in 2010 n kontrak saam met EMI gesluit het?
WS: Ons kontrak met EMI het ‘n paar deure laat oopgaan en mense kry meer respek vir ‘n groep as hulle ‘n sterk handelsmerk soos EMI agter hulle het.  Die harde werk bly inteendeel nogsteeds ons verantwoordelikheid en dinge val nie net mooi in plek soos met groot kommersiële kunstenaars nie...


JB: Jul video vir Die Balk In Jou Oog is genomineer vir n HG Tempo Toekenning as Alternatiewe Musiekvideo Van Die Jaar. Hoe voel julle daaroor? Julle gaan op teen ander baie groot name in die SA musiek toneel soos Die Heuwels Fantasties en Van Coke Kartel. Teen wie sal jul nie omgee om te verloor nie?
WS: Om vir die Tempo toekennings genomineer te word is ‘n groot eer vir ons.  Die kompetisie is straf, en in die spesifieke kategorie het al die genomineerdes al groot naam gemaak. Net die nominasie beteken vir ons baie, om die toekenning te wen sal ‘n bonus wees...


JB: Hoe voel julle oor die feit dat jul elke jaar vir n MK Toekenning genomineer word maar steeds net een gewen het? Wat dink jul is die rede hiervoor?
WS: Ons het in 2009 met ons 2de nominasie die beste colab toekenning gewen vir Outokrasie van die hart.  Ons het baie gegroei veral in die laaste jaar en meer bekend geword.  In die verlede was ons baie onder die radar en mense het nie altyd van ons geweet nie.  Dit is vinnig besig om te verander en ons glo die toekoms hou baie MK awards in!!!!


JB: Wat dink jul is rede vir al jul sukses as groep tot dusver?
WS: Harde werk, vriendskap, harde werk, uithou, aanhou, baie harde werk, goeie musiek, het ek al gesê harde werk?


JB: Hoe voel julle oor die huidige Suid Afrikaanse musiek bedryf?
WS: Die musiekbedryf in SA groei steeds, alhoewel meeste Suid-Afrikaners nogsteeds kommersiële musiek verkies.  Ons maak musiek waaroor ons passievol is, waarin ons glo, nie om geld daaruit te maak nie...


JB: Wat hou julle gemotiveerd om die band aan die lewe te hou ten spyte van die feit dat dit so moeilik is om suksesvol as musikant is SA te wees?
WS: Ons geniet die lewensreis waarop hierdie loopbaan ons neem, sien baie plekke, ontmoet baie mense, en maak ‘n positiewe verskil waar ons gaan.  Al kan ons net 1 lewe verander, sal dit die moeite werd wees...


JB: Hoe balanseer jul die besige lewe van n musikant met jul persoonlike lewens?
WS: Prioritiseer...  Omdat Winterstasie vir ons belangrik is, maak ons soms die nodige opofferings en ons geniet wat ons doen, so ons persoonlike lewens oorvleuel met musikant wees!


JB: Wanneer is jul van plan om aan nuwe musiek te begin werk en n nuwe album op te neem?
WS: Ons werk deur die jaar aan nuwe musiek en beplan hoe ons dit wil bemark en opneem... Daar is heelwat verassings en nuwe materiaal op die horison, maar wil nie nou teveel weggee nie...


JB: Wanneer kan aanhanger verwag om n nuwe musiek video op televisie te sien?
WS: Ons skiet ‘n nuwe musiekvideo in Augustus, wat in September op MK te sien sal wees...


JB: Wat het die groep beplan vir die res van die jaar? Dalk n oorsese toer?
WS: Ons doen soveel as moontlik shows die res van die jaar met ‘n kus toer in Desember wat ons tans beplan... Ons wil ook soveel as moontlik skole besoek.


JB: Waar gaan jul binne die volgende paar maande optree?
WS: Alle shows is op ons website beskikbaar asook kontak besonderhede vir bookings... www.winterstasie.com

Duidelik is daar nog baie dinge wat op die horison vir die manne van Winterstasie le en kan aanhangers baie opgewonde wees oor wat die toekoms vir die groep behou.