| | ||
Bied aan
Van Coke Kartel
Stel ‘n nuwe program bekend op die
Winter Toer
Van Coke Kartel is een van Suid-Afrika se voorste en besigste musiekgroepe. Die groep se betowerende optredes, asook die uitstaande kwaliteit van hul veelbesproke vierde album, Wie’s Bang, het 3 MK-toekennings ingepalm – insluitende Beste Groep. Hulle is genomineer vir ‘n SAMA-toekenning, asook twee Tempo-toekennings in die kategorieë: Rock en Beste Alternatiewe Musiekvideo vir hul treffer video, Dis ‘n Land.
Van Coke Kartel het in 2012 omtrent elke verhoog, dwarsdeur die land, aan die brand! Hulle was te sien by feeste soosKaktus op die Vlaktes by KKNK, Splashy Fen en MK by die Dam. Die groep het ook deelgevorm van Campus Invasion en die VanFokKingTasties-toere. Hulle het ook gespeel by Pretoria se Botaniese tuine as deel Old Mutual se landswye-konsertreeks. Die ouens het hierdie jaar ‘n ekstra poging aangewend om plekke te besoek waar hulle nog nie vantevore opgetree het nie, onder andere Vereeniging, Midrand, Alberton en Klerksdorp.
Nou is dit tyd vir die groep om winter te laat vlamvat met hul Jägermeister & Monster Energy Winter Toer. Van Coke Kartel gaan ‘n splinternuwe stel musiek vanaf Wie’s Bang uitvoer, asook treffers vanaf hul vorige drie albums. Die nuwe stel weerspieël werklik die groep se groei en diversiteit in hul musiek. Die liedjies wissel van ‘n sagter- na ‘n harder klank waarvoor Van Coke Kartel bekend en geliefd is.
LIVE weergawes van die Wie’s Bang liedjies - Nou of Nooit, Einde van die Wêreld, Brein verloor en Dankie, ek is Veilig hier; sit skop in Van Coke Kartel se LIVE-stel.
TOERDETAILS
|
DATUM: 11 JULIE
Program: Van Coke Kartel
Venue: Boma, Alberton
Adres: Hoek van Fore- & Ringstraat-Wes, New Redruth
Kontak: (011) 869 1555
Kaartjies: R120 by die deur
DATUM: 12 JULIE
Program: Van Coke Kartel
Venue: The Bohemian, JHB
Adres: 5 Parkstraat, Hoek van Park- & Mentonstraat, Richmond
Kontak: (011) 482 1725
Kaartjies: R60 by die deur
DATUM: 13 JULIE
Program: Van Coke Kartel
Venue: Tin Cups (Binne)
Adres: OR Thambo 44, Die Heuwel, Witbank
Kaartjies: R50 by die deur
DATUM: 14 JULIE
Program: Van Coke Kartel & ander
Adres: Bloemfontein
Kontak: www.vryfees.co.za
DATUM: 18 JULIE
Program: Van Coke Kartel
Venue: Café Barcelona
Adres: Hoek van Delmas- & Barnardstraat, Elardus Park, Pretoria
Kontak: (012) 345 3602
Kaartjies: R70 by die deur
DATUM: 20 JULIE
Program: Van Coke Kartel
Venue: Arcade Empire, Pretoria
Adres: Die Hoofweg 256
Kontak: 087 980 3531
Kaartjies: Toegang is GRATIS
DATUM: 21 JULIE
Program: Van Coke Kartel
Venue: Stones, Boksburg
Adres: Ventersentrum, Rietfontein
Kontak: (011) 826 2658
Kaartjies: R50 by die deur
DATUM: 28 JULIE
Program: Van Coke Kartel, Taxi Violance & The Stellas
Venue: The Assembly
Adres: Harringtonstraat 61, Kaapstad
Kontak: (021) 465 7286
Kaartjies: R40 vir die eerste 50 vooraf-verkoopte-kaartjies op Webtickets. R50 voor 10nm & R60 na 10nm.
Sien Van Coke Kartel se nuutste musiekvideos hier:
Tot die Son uitkom: http://www.youtube.com/watch?v=z_0vjii3oD4
Dis ‘n Land: http://www.youtube.com/watch?